Met Bay View en Gradient Canopy wou ons lewendige, verwelkomende plekke skep wat voorlopers is in volhoubare ontwerp en wedersyds voordelig is vir plaaslike gemeenskappe én Google. Ons streef altyd daarna om goeie bure te wees. Dit is hoekom ons by Gradient Canopy daarop fokus om inklusiewe en uitnodigende gemeenskapruimtes te skep vir bure, besoekers en Googlers. Ons wil nie net die beste werkplekke ontwerp nie, maar ook nuwe moontlikhede vir verbintenisse skep wat ons plaaslike gemeenskappe help om te floreer.
Plekskepping
Designing vibrant places that respond to their local context and create benefits for everyone.
3 minute
’n Vroeë uitbeelding wys die publieke plaza by Gradient Canopy.
"Ons vra hoe hierdie plekke ’n positiewe omgewing- en sosiale impak kan hê op almal wat dit aanraak,"
– Joe van Belleghem, Google se senior direkteur van globale ontwikkeling
Ons het met Gradient Canopy aandag daaraan gegee om die gebou met die konteks daarvan te verweef. ’n Toegewyde groenroete met fiets- en voetgangerpaaie kronkel om die gebou en deur die perseel van 18 acres. Hier kan mense die inheemse buiteontwerp en publieke kuns geniet waaruit die gebou se publieke buiteruimtes bestaan.
Aan die westekant is die gebou oop na Charleston Park en word die publiek by die Google Besoekerervaring verwelkom. Hetsy jy vriende ontmoet by die Cafe, ’n geleentheid bywoon by die Huddle, produkte en dienste verken by die Google Winkel, plaaslike besighede ontdek by die Pop-Up Shop, of jou nuuskierigheid met kuns en programme in die plaza bevredig – daar is iets vir almal. Die Huddle bied ’n verskeidenheid geleenthede en werkseminare om die kollig op plaaslike niewinsorganisasies en gemeenskaporganisasies te plaas, terwyl dit as ’n sosiale nodus vir die Mountain View-kampus en die groter North Bayshore-buurt dien.
Hierdie binnenshuise gemeenskapruimtes is verbind aan ’n groot publieke buitelugplaza, waar ons buurtgeleenthede sal aanbied en betekenisvolle verbintenisse tussen die gemeenskap en Googlers sal kweek. Daar is ook ses publieke kunswerke oral in die plaza en baie sitplek vir die publiek.
Mountain View se boeremark is ’n miernes van bedrywigheid.
Om te verbeter hoe mense deur North Bayshore reis, het ons saam met die Stad Mountain View gewerk om die eerste fase van die Charleston-publiekevervoerdeurgang te bou. Dit sal publieke vervoer aanmoedig, fiets- en voetgangerveiligheid verhoog, en dit makliker maak om sonder ’n motor in North Bayshore rond te beweeg. As deel van die Gradient Canopy-projek, is twee publiekevervoersentrums langs die kampus op Charleston-weg gebou. Hierdie fasiliteite, saam met die beplande busbane op Charleston-weg en Shoreline Boulevard, sal die publiekevervoeropsies in die omgewing verbeter.
Die Charleston-publiekevervoerdeurgang bestaan ook uit fiets- en voetgangerpaaie van wêreldgehalte – onder meer Klas IV-geskeide fietspaaie, wat ook fietsbane genoem word. Ons moedig “tweewiel”-pendelreise ook binne die gebou aan, met meer as 780 fietsparkeerplekke, asook fietssluitkassies en storte.
’n Nota vir lesers: Hierdie berig is oorspronklik in Mei 2022 gepubliseer en in Augustus 2023 opgedateer om meer onlangse projekbesonderhede te weerspieël.