Cafe @ Mountain View

Bring die gemeenskap byeen by ons nuwe publieke kafee met voedsel wat volhoubaar verkry is.

3 minute

Cafe @ Mountain View by die Google Besoekerervaring. Foto: Mark Wickens.

Cafe @ Mountain View by die Google Besoekerervaring. Foto: Mark Wickens.

By die Google Besoekerervaring by Gradient Canopy sal die publiek vir die eerste keer toegang tot ’n belangrike aspek van Google se kultuur hê: ons kosprogram. Die nuwe Cafe @ Mountain View is ons heel eerste eetervaring wat op die publiek gemik is – wat dit vir die gemeenskap moontlik maak om kos te koop en deel te hê aan ons volhoubaarheidprioriteite en -riglyne om die planeet te ondersteun.

Ons kosprogram speel sedert 1999 ’n belangrike rol om Google se kultuur van kreatiwiteit, samewerking en gemeenskap te bevorder. Deur heerlike, voedsame etes in vrolike ruimtes aan te bied, werk ons daaraan om menslike verbintenis en die uitruiling van idees te ondersteun. Ons etes het talle innovasies geïnspireer – waaronder Gmail, wat uit ’n gesprek tydens middagete in een van ons kafees gespruit het.

Google se kosprogram het nog altyd oor gemeenskap gegaan – sowel om dit op ons kampusse te skep, as om deur kosverkryging en -voorbereiding ’n verbintenis met ons groter streke te hê. Een van ons sentrale kookbeginsels is om vir die gemeenskap om te gee, wat beteken dat ons begryp dat die besluite wat ons oor kos neem, binne en buite Google ’n uitkringeffek het. Van die spyskaarte wat ons skep, tot waar ons ons kos koop, tot hoe ons dit voorberei, dink ons deurlopend aan hoe ons kosprogram ’n positiewe uitwerking op plaaslike aanbodkettings en ons groter planeet kan hê.

Ons kosprogram lei tot vooruitgerigte vennootskappe en volhoubaarheidsinisiatiewe om die saadjies van positiewe verandering te plant en die weg na ’n beter toekoms vir voedselstelsels te baan. Ons kookdeskundiges ontwerp geregte wat danksy ons verhoudings met plaaslike verskaffers geïnspireer word deur plaaslike, seisoenale bestanddele. Ons keur verskaffers van bestanddele versigtig en werk saam met dié wat ons waardes ondersteun, waaronder volhoubaarheid, diverse besigheidseienaarskap en gemeenskapopheffing. Om ons koolstofvoetspoor te beperk, prioritiseer ons verskaffers wat hergenererende landbou, herwinning en minimale verpakking toepas, en kies waar moontlik plaaslike produkte bo lugverskeepte produkte. Sodoende por ons die voedsel-en-drinkgoedbedryf in die rigting van verantwoordelike praktyke wat beter is vir die omgewing en die gemeenskappe wat ons voed.

Benewens die verkryging van bestanddele konsentreer ons op twee sleutelpraktyke vir volhoubaarheid in ons kosprogram: die vermindering van kosvermorsing en die uitskakeling van enkelgebruikplastiek. Ons weet dat ongeveer 35% van alle kos wat vir menslike verbruik geproduseer word, of ongeveer 60 miljard kilogram kos, elke jaar vermors word. Om Google se volhoubaarheiddoelwitte te ondersteun, mik ons daarna om teen 2025 geen kosuitskot na die vullisgat te stuur nie. Hoe? Ons het ’n drieledige benadering wat ingestel is op die voorkoming van vermorsing tydens kosverkryging en -aankope, die verbetering van ons kombuise en kafees deur tegnologie te gebruik om vermorsing in ons kombuisbedrywighede te verminder, en deur seker te maak dat oorskotkos heraangewend word of behoorlik weggegooi word. Vanaf 2014 tot 2021 het ons verhoed dat byna 4,5 miljoen kilogram kos in vullisgate beland het.

Ons werk ook hard daaraan om in ons kosruimtesplastiek te verminder. Ons koop in groot maat en kies waar moontlik produkte met vernuwende, minimale verpakking, en ons het begin om draadhouers vir die vervoer van produkte te gebruik. Ons het ook moontlikhede ondersoek om ’n nuwe jogurtkroegervaring te gebruik om enkelgebruikjogurtkoppies te vervang en versnaperinge in grootmaathouers te verskaf om enkelgebruikverpakking uit afvalstrome te hou.

Vars voedsel bedien by Cafe @ Mountain View. Foto’s: Mark Wickens.

Met ons kosprogram nou publiek beskikbaar, met kos wat by Cafe @ Mountain View gekoop kan word, verwelkom ons die gemeenskap om met ons saam te werk om kos te gebruik om ’n positiewe uitwerking op die planeet te hê. Loer in om te kyk hoe ons die grense van gebalanseerde, plantgesentreerde kookkuns verskuif, en geniet vars Kaliforniese geregte met seisoenale bestanddelde wat plaaslik geoes is, en wat ons sjefs met volhoubaarheid en diverse smake in gedagte geskep het. Dit is ’n plek waar ons saam kan kom om ons kookkreatiwiteit en ons verbintenis tot die welstand van mense en die omgewing te deel.