Kan jy ons meer vertel van wat so spesiaal is aan hierdie streek?
Die kultuur van innovasie hier is aansteeklik en altyd die saak waaroor almal praat. Amper almal is diep daartoe verbind om ’n verskil in die wêreld te maak – dit is wat ons by Google en Alphabet motiveer, en ek glo dit is wat baie ander motiveer wat kies om hier te woon en werk. Daar is ’n drang in die vallei om die toekoms te skep wat ons graag wil hê, en ek dink dit maak dit een van die spesiaalste plekke op aarde.
Wat is Google se verhouding met Mountain View?
Google noem Mountain View al sedert 1999 hul tuiste en ons voorsien dat ons nog baie jare hier sal wees. Google het Mountain View as ons hoofkantoor gekies omdat ons van elke aspek van ons teenwoordigheid hier hou. Ons is mal oor die skoonheid van die Bay-omgewing, die nabyheid aan universiteite, die gesinsvriendelike omgewing, en die geleentheid om in ’n stad in die hart van Silicon Valley te werk.
Baie van ons werknemers woon én werk in Mountain View, en as ’n maatskappy is dit vir ons baie belangrik om goeie bure te wees. Ons het deur die jare miljoene dollars in die gemeenskap belê, deur skenkings aan die Mountain View Educational Foundation om onderrig in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te ondersteun, skenkingsbefondsing om ingryping- en voorkomingsdienste ten opsigte van haweloosheid te ondersteun, en ekologiese herstelprojekte soos die Charleston Retention Basin, om ’n paar te noem.
En ons is baie trots op die feit dat Googlers elke jaar duisende ure se vrywilligerdiens by Mountain View-gegronde organisasies doen, insluitend die Community Services Agency of Mountain View, Silicon Valley Bicycle Exchange, Mountain View-skole en die ongelooflike Rekenaargeskiedenismuseum.
Hoe sit Gradient Canopy en Bay View Google se jarelange verhouding met die streek voort?
Gradient Canopy is die eerste ontwikkeling in Mountain View wat ons van die grond af opgebou het, en ons het lank en hard nagedink oor die beste manier om ’n projek saam te stel wat voldoen aan die stad se visie vir die toekoms van North Bayshore. Gradient Canopy herverbeel die werkplek met opsetlike ontwerp wat die gemeenskap innooi, harmonieus by die natuurlike omgewing geïntegreer is, fantastiese ekonomiese waarde vir die stad skep, en ook ons werknemers ondersteun wat daarvan hou om in Mountain View te leef en werk.
Al van voor die pandemie af is die wonder van ons Google-werkplekke dat hierdie ruimtes gesond, volhoubaar en funksioneel is, met ’n bietjie “Googley” ingebou. Fantastiese ontwerp skep ’n plek waar mense wíl wees, en ’n bewys hiervan is dat amper die helfte van ons werksmag vrywillig werk toe gekom het toe ons ons kantore veilig kon oopmaak. Nou kan ons, deur ons projekte wat van die grond af opgebou word, baie van hierdie verbintenisse en lesse na die plaaslike gemeenskap toe bring. Ons fokus werklik op hoe hierdie ruimtes die gemeenskap kan betrek, en herstelvermoë en beter gesondheiduitkomste kan bou.